Kospotte van Egipte en Italië: Pa se storie sien uiteindelik die lig! Featured

Tuesday, 10 May 2016 15:18 Written by 
Rate this item
(0 votes)

Kleintyd sonder televisie was ‘n groot seën vir my pa se sewe kinders - wanneer die gier hom gepak het en hy begin oorlogstories vertel het, het ons aan sy lippe gehang.  Die enigste klagte: dat die gier soms wyk en die storie dan sommer opdroog.  Ons kon dit ook nie na willekeur aanskakel nie

·     Daar was geen kind in my kinderleefwêreld met ‘n wonderliker pa as myne nie - my pa was ‘n KOK in die oorlog!  Hy was regtig ‘n menéér.  En dit het nie daar opgehou nie.  Hy het by die skoolkermis en kerkbasaar reggestaan met sy vyf pannekoekpanne op ‘n ry.  En dit was pannekoekdeeg wat hyself aangemaak het, in groooot hoeveelhede.  Om van die grootmaat slap tjips nie te praat nie.  Die Britte se Health and Safety kry die piep as hulle moes sien hoedat hy sonder seremonie die kerkbasaar se massas worsvleis in ons bad (goed skoongemaak met komplimente van my higiënebewuste oorlede moeder)  gemeng het.  Deeg vir die doekpoeding (Mrs Slade se plum pudding) is in die bababadjie aangemaak - met lekker baaaaie rooi kersies in.

Stel jy belang om 'n kopie te bekom?

Die e-boek is beskikbaar op Amazon.com of Amazon.co.uk of ook op Smashwords.com

Gedrukte kopieë is beskikbaar by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of by rosslynpublishers.com se aanlynwinkel. Prys R210 plus posgeld 

Read 551 times Last modified on Monday, 15 August 2016 14:28
Alet Gardner

Hi there! I am an South African expat, living in the lovely Kent countryside in the UK.
I love everything meaningful and beautiful - so I try my hand at photography, painting, embroidery, needlework, cooking and writing.

My inspiration for all of this: the people that I love,
and the love that God has for me.

More in this category: Oefenlopie in Windhoek »

Leave a comment

Make sure you enter all the required information, indicated by an asterisk (*). HTML code is not allowed.