Select Page

Die boeiende storie van ‘n boerseun wat tydens die Tweede Wêreldoorlog diens doen as kok:

Kleintyd sonder televisie was ‘n groot seën vir my pa se sewe kinders – wanneer die gier hom gepak het en hy begin oorlogstories vertel het, het ons aan sy lippe gehang.  Die enigste klagte: dat die gier soms wyk en die storie dan sommer opdroog.  Ons kon dit ook nie na willekeur aanskakel nie

  • Daar was geen kind in my kinderleefwêreld met ‘n wonderliker pa as myne nie – my pa was ‘n KOK in die oorlog!  Hy was regtig ‘n menéér.  En dit het nie daar opgehou nie.  Hy het by die skoolkermis en kerkbasaar reggestaan met sy vyf pannekoekpanne op ‘n ry.  En dit was pannekoekdeeg wat hyself aangemaak het, in groooot hoeveelhede.  Om van die grootmaat slap tjips nie te praat nie.  Die Britte se Health and Safety kry die piep as hulle moes sien hoedat hy sonder seremonie die kerkbasaar se massas worsvleis in ons bad (goed skoongemaak met komplimente van my higiënebewuste oorlede moeder)  gemeng het.  Deeg vir die doekpoeding (Mrs Slade se plum pudding) is in die bababadjie aangemaak – met lekker baaaaie rooi kersies in.

Stel jy belang om ‘n kopie te bekom?

Die e-boek is beskikbaar op Amazon.com of Amazon.co.uk of ook op Smashwords.com

Gedrukte kopieë is beskikbaar by [email protected] of by rosslynpublishers.com se aanlynwinkel. Prys R210 plus posgeld

Share This